• Bedieningsnetwerke

    Besigtig NG Welbekend se
    Bedieningsnetwerk met personeel en hul kontak besonderhede.

     

  • Waar kan ek betrokke raak?

    'n Lys van opsies om van te kies sou u graag wil betrokke raak met ons verskeidenheid afdelings om 'n hand te leen.

     

  • Preke

    Ons nuutste preke word gelaai vir u gerief om na te luister soos die preek in die Kerk gelei was deur die dominee.

     

  • Projekte

    'n Lys van huidige projekte wat deur die Kerk gehandhaaf en beheer word.

     

     

  • Jeugnetwerk

    'n Samestelling met al die areas wat ons Jeugnetwerk tans besig is.

     

     

  • Kontak ons

    Belangrike informasie vir die publiek soos Bankbesonderhede, adres, kontak besonderhede en besprekings

     

Wie is ons?

Ons is `n landelike gemeente wat naby genoeg aan die stad is.
Wat ligging en dinamika betref het ons dus die beste van die platteland sowel as die stad.

Gestig: 4 Augustus 1978 – ons vier hierdie jaar ons 40ste verjaarsdag!

Teksvers by grondlegging: 1 Samuel 7:12: Tot hiertoe het die Here ons gehelp.

Ons naam: WELBEKEND

WEL beteken onder meer `n bron of `n fontein; dit gaan "WEL" : dit gaan goed en voorspoedig; WEL as werkwoord beteken om op te borrel of ook om gloeiende metale aaneen te hamer – om te sweis; WEL! Is ook `n uitroep van verwondering; om verbaas te staan.

BEKEND beteken openbaar, goed bekend, alombekend en gewild.

Kerndoel: Ons kerndoel is dus om alombekend te wees as `n geesvervulde , borrelende en bruisende gemeente waar vuurwarm kinders van God aan mekaar verbonde is in `n liefdevolle gemeenskap waar elkeen dienend `n plek in God se Liggaam het om in Jesus se Voetspore God se LIG te laat skyn vir mekaar en vir die wêreld.

Ontmoet die span

Pastoraal

CARLA VAN TONDER
JEUGAKSIE

Ek is Carla, getroud met Stefan,
vir wie ek baie lief is. Ek is die Jeugmentor by Welbekend
gemeente en spandeer meeste
van my week by Laerskool Witpoort waar ek ʼn oor is vir kinders wat dit nodig het. Ek is ook verantwoordelik vir die jeug by die gemeente,
veral die Laerskooljeug.
My passie is om na God se stem te luister en om die jeug te begelei
om ook God se drome vir hulle te ontdek en hulle liefde vir
Jesus uit te leef.

IAN STANTON
PASTORAAL / PREDIKANT

Ek is Ian Stanton, getroud met my beautiful vrou Marina.
Ek het een groot hartsbegeerte
en dit is dat die gemeenskap van Welbekend Jesus ken,
Jesus uitleef en werklik mekaar
liefhet soos Christus die kerk
liefhet. Ek is sameroeper van
die pastorale bediening,
maar vind myself waar
die Heilige Gees my lei.

 

ABRIE VAN WYK
MISSIONAAL

Emeritus, is op die oomblik in
die pos as “Pastorale Hulp”. Verantwoordelik vir bykomende pastorale werk, prediking,
Senior Bediening - die groep
vergader een keer per maand.
Lei die Bapsfontein Selgroep, is Sameroeper van die Missionale Netwerk. Is betrokke by die Musiekbediening asook Gebedsbediening Sondagoggende
vóór die eredienste.

Bedieningsnetwerk Sameroepers

IZAK VAN HEERDEN
VOORSITTER DAGBESTUUR

Izak van Heerden woon
sedert 1996 in die gemeente
op Bashewa, is getroud met
Suerana en het 2 dogters,
Ciska & Ilzè, ʼn kleindogter
Sumarien, 2 kleinseuns,
Ivan & Wian, wat ook
in die gemeente is.

 

ANITA GILBERT
KOMMUNIKASIE EN MEDIA

Ek en my man, Morris, woon die afgelope 26 jaar gelukkig op Bapsfontein. Ek het voorheen skoolgehou maar is tans
werksaam by Colourtech.
My portefeulje by Welbekend is kommunikasie. Daarmee beoog ek
om deur middel van maksimale aanwending van alle kommunikasiemiddele (e-pos, sms, Whats App, FB, PowerPoint, gedrukte media, ens) alle gemeente aktiwiteite effektief aan ELKE gemeentelid en
ook aan die breër gemeenskap
deur te gee.

GERNA CLIFFORD
WYKSKOöRDINERING

Ek glo dat Welbekend vir God baie
na aan die hart lê en dat Hy ʼn baie spesiale doel met ons het waar hy ons op die R25 geplaas het.

Ek koördineer die HOOV
(Hand, Oor, Oog, Voet) bediening
wat fokus op die Liggaam van
Christus wat mekaar bedien en
versorg met God se liefde sodat
elkeen van ons opgebou en sterk gemaak word sodat Christus se Liggaam in die daaglikse lewe
sigbaar word. Ons bou mekaar op
om uit te gaan en sout vir die
aarde en Lig vir die wêreld te wees.

ALMA VISAGIE
KANTOOR

Die Visagie-gesin, Dries, Alma,
André en Johan het in
Desember 1989 in die omgewing ingetrek en sedertdien het
ons ʼn pad met Welbekend Gemeente gestap. Ek leef my liefde vir Jesus uit deur vir Hom my lewe te gee.

POER CLOETE
GEMEENTEBOU

My naam is Poer Cloete.
Poer is ʼn bynaam wat my
lewe lank saam my loop en
omtrent net my ma gebruik nou
en dan my regte naam, Rian.

Ek hou van jag, skiet, gewere en het baie ander stokperdjies wat met die buitelewe te doen het.

Ek is betrokke by die jeug en is die jeugmentor vir die Graad 9's,
ek is betrokke by die missionale kommissie en is ook lid van die dagbestuur waar ek
verantwoordelik is vir
gemeentebou.

ANDRE FREYER
FINANSIES / ADMINISTRASIE

Ek is die sameroeper van die
finansiële kommissie.
Ons doen saam die begroting en
koste kontrole van die gemeente
en probeer planne beraam om ons inkomste te verhoog.

Ek is nuut!

Baie welkom!

Mag jy/jul en jou gesin jou/jul plek in God se Liggaam by Welbekend vind.
Mag jy/julle geborgenheid en liefde ervaar en jou/jul verhouding met God en jou/jul geloof groei sodat jy/jul deur liefde en dankbaarheid gedring dienend in Jesus se Voetspore sal loop deur die Lewende Woord passievol uit te leef.

Vorms

Vir enige van die inskrywingsvorms waarin u belangstel,

klik op u keuse om die vorm af te laai en handig asb.

die voltooide vorm in by die kerk (Alma Visagie)

Kalender

Kontak Ons

In proses...

'n Moonlike koneksie probleem.

Vorm ontvang

 Nest Park XT1, Bapsfontein, 1510
GPS koördinate: S.25⁰59’32.733” 0.28⁰26’42.411″

 

Tel: +27 11 964 1207

kerk@ngwelbekend.za.net

 

©2018 NG WELBEKEND GEMEENTE

Alle regte voorbehou

 

 

 

TUIS

WIE IS ONS?

EK IS NUUT!

KALENDER

KONTAK ONS

Kantoorure: Maandae - Donderdae: 08:00 - 13:00

011 964 1207